EMOSIES: WELKOM BY DIE TUIMELTREIN
- Zandra Brown
- Jul 10, 2015
- 2 min read


Liewe Dagboek.
Ek staan op, my hele lyf tuimel uit die bed: ' Grrrrrrrrrrrrrrrr, moet tog net nie na my kyk of met my praat nie'.
"Toast" ag se flippen-blief-tog, besluit tog net self!
Awwwwwwwww, kyk die katjie!' en daar val 'n traan!
Ek is jammer mamma!!!!!! -
Ag flip, LOS MY NET UIT!!!!!!!!!!

Klink bekend? Wat gaan aan? Hoekom voel ek so?
Daar is tye wat ek voel, hartseer en eenkant, maar my woorde is dom, dit weet nie hoekom ek so voel nie. Daar is iets wat hier agter in my keel vas sit, Ek is bang, maar weet nie hoekom nie. Ek voel net...ek weet nie hoekom ek so voel nie, en weet ook soms nie hoe om dit te stop. Ek is gelukkig en hartseer in een uur, soms sekere tye van die maand is dit nog erger.
Kom ons gaan kuier by die Alien in my lyf en hoor wat het sy te se: Hoekom ervaar ek die emotionele tuimeltrein.

HORMONE EN BREIN ONTWIKKELING EN AL DIE VERANDERINGE.
Hormone is besig om mal in jou lyf te gaan. Dit mag nou moeiliker wees om jou emosies te beheer. Jy kan positief of negatief voel.

Jy ervaar ook dinge meer intens as voorheen. Om saam met jou vriende uit te hang of 'n roomys te eet kan soos die wonderlikste ding op aarde voel. Daarenteen kan jy weer in sak en as voel as n maat met jou verskil of jou ma met jou peuter.
Jou liggam is besig om aan te pas by die verandering.
Jy kan ook meer angstig voel. Angstiheid voel soos iets waaroor jy nie beheer het nie, jou hart klop vinning en jou hande begin te sweet. Dit kan ook voel asof jou ore toeslaan.
Jou brein is ook nog besig om te groei. In die verlede het mense gedink dat die brein al ten volle ontwikkel is as jy 'n tiener is, maar dit is nie die geval nie.
Die senuwee-eindpunte in die voorbrein word tydens tienerjare nog (gesnoei) om hulle meer doeltreffend te maak.
Comments