WAT IS PUBERTEIT?
- Zandra Brown
- Feb 21, 2016
- 1 min read

Puberteit is die naam vir die stadium in jou lewe wanneer jou liggaam begin en ontwikkel soos wat jy van 'n kind na n grootmens toe beweeg.
Tydens pubereit groei jou liggaam vinniger as in enige ander tyd in jou lewe, behalwe as toe jy n baba was.
Kyk rondom jou. Kyk na jou ma, jou pa, jou juffrou en jou vriende. Puberteit is iets waardeur almal in een of ander stadium in hulle lewe deurgaan. Jy is nie alleen nie, dit gebeur met almal.
Puberteit begin gewoontlik vir meisies tussen die ouderdom van 8 en 13 jaar in meisies en 9 en 15 in seuns. Die groot verskil in die ouderdom verduidelik hoekom daar sommige van ons vriende is wat nog jonk lyk en ander lyk al soos grootmense.
Comments