FISIESE VERANDERING IN MEISIES.
- Zandra Brown
- Nov 27, 2015
- 3 min read
Omdat ek 'n meisie is, gaan ek in meer detail ingaan oor meisies as met seuns.
Ons het reeds gesels oor hoe hormone vrygestel word deur die brein en dan beweeg na die eierstokke toe. Die hormone konsentreer op die eirstokke en dit maak dan 'n nuwe hormoon wat estrogeen genoem word. Die twee hormone tesame berei 'n meisie se lyf voor vir haar menstruasies, wat dan maak dat 'n meisie eendag kan babas kry.
Daar vind 'n groot groei ontploffing plaas, jy sal agter kom jou moue en jou rok se soom raak baie vinnig korter. Dit voel ook soms dat sekere dele vinniger as ander groei. Jou voete kan byvoorbeeld baie groter raak, en dit kan jou laat lomp voel. Ek is 12 en dra 'n nommer 9 skoen. My voete voel soos bote wat ek moet saam sleep. Dit is normaal om so te voel. Soos wat 'n mens se lyf aanpas en groei sal dit later bymekaar pas.
Dit is eintlik n baie snaakse stadiume en 'n voel nie net of daar 'n alien in jou lyf is nie, maar asof jy die Alien is. Jou hande en kop en voete groei eerste voor die res van jou lyf, en kan reusagtig voel.

WATTER VERANDERING VIND NOG PLAAS.
HEUPE:
n Meisie se heupe word groter en sy begin gewig optel.Dit beteken nie jy moet op n dieet gaan nie.Dit is normaal!
BORSTE:
n Meisie se boste begin ontwikkel en jy moet jou eerste bra kry.
Almal se borste ontwikkel teen n verskillende tempo en grootte.As hulle begin groei,dan is hulle baie sensitief.
ONDER ARM HARE EN SKAAMHARE:
Jy sal hare op jou skaamareas en onder jou arms kry.Dit sal lig begin en donkerder raak hoe langer jy deur puberteit gaan.Dit is normaal en baie mense dink dit is "cool".Baie meisies verwyder die hare van plekke soos onder jou arms of jou bene,maar daar is geen rede om dit te doen nie.
Jy mag dalk kies om jou onder arm hare te skeer of te waks.
SWEET:
Hoekom sweet ek nou meer. Soos wat ons liggame in puberteit verander raak ons meer as 3 miljoen sweet kliere meer aktief. As die sweet in kontak kom met bakterie op die vel se oppervlak, gee dit 'n reuk af.
As jy baie sweet moet jy gereeld stort en 'n reuk werende middel dra soos, Mitchem wat baie goed werk.
AKNEE
Die hormoon testostoroon maak dat n mens se lyf meer sensitief daarvoor is tydens puberteit.
Seuns sowel as meisies het testostoroon.
Die hormoon maak dat jou kliere meer olie as normaal weg maak. Maak seker jou vel is skoon, was jou gesig gereeld. Daar is ook room wat 'n mens op kan sit.
MAANDSTONDE
Dit is seker een van die grootste veranderings en aapassings vir 'n meisie.
'n Mens kry dit een keer n maand. Dit is die liggaam se manier om voor te berei vir babas kry.
'n Mens kry krampe en dit is baie ongemaklik.
As jy krampe kry kan jy pynstillers drink. Dit help ook soms om meer potasium in te kry wat in piesangs voorkom en kalsium.
'n Warm bad help ook vir die pyn en 'n warmwater sak.
SLAAP
Jy’t jou slaap nou nodig! Hormone sit wel daaragter dat jy nou so lief is vir slaap. Gedurende puberteit is daar ‘n subtiele verskuiwing van slaappatrone – die snelgroeifase wat jy in jou tienerjare beleef, vereis waarskynlik meer slaap.
Dit word gedeeltelik verklaar deur ‘n verhoging van die melatonienvlakke (die slaaphormoon) in tieners se bloed.
댓글